Jayavarman II

Jayavarman II
Koning van die Khmer-ryk
Bewind 802-835[1]:xiii,59
Opvolger Jayavarman III
Dinastie Khmer-ryk
Godsdiens Hindoeïsme
Gebore c. 770
Oorlede 835
Angkor

Jayavarman II (Khmer: ជ័យវរ្ម័នទី២) (c. 770-835)[1]:59[2] was ’n 9de-eeuse koning van Kambodja, wat algemeen beskou word as die stigter van die Khmer-ryk, die oorheersende beskawing op die Suidoos-Asiatiese vasteland tot die middel 15de eeu. Volgens historici het hy van 802 tot 835 n.C. regeer.[1]:xiii,59[3] Voordat Jayavarman II aan die bewind gekom het, was daar baie gevegte tussen die plaaslike opperleenhere wat oor verskillende dele van Kambodja regeer het.

  1. 1,0 1,1 1,2 Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, ISBN 9781842125847
  2. "birth and death dates, Britannica.com, Besoek op 11-23-2010" (in Engels). Britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2014. Besoek op 17 Maart 2012.
  3. Mabbett, Ian en Chandler, David. The Khmers. Blackwell Publishers Ltd. 1996.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search